Babbelbekkie - Laerskool Hennopspark

8
Bontstaan Klerewinkel
(Ingang: Hek 4 in Blackwoodstraat)
Tye:
Maandae tot Vrydae:
07:10 – 07:45
Maandae tot Donderdae: 12:45 – 13:50
Melanie Geldenhuys
(Sel: 0836547947)
Angels @ Hennops
Ouers wat finansieel kan bydra tot die Angel-projek, kan geld in die skool se rekening betaal
met Angels as verwysing. Ons vra asseblief vir bydraes. Hierdie projek voorsien slegs kos
aan die behoeftige leerders van ons skool.
U kan deurentyd produkte in die houer by die koskas plaas indien u iets wil stuur.
Op Blougolfdae vra ons ’n grootse poging om voorraad in te kry.
Graad
Graad R
Graad 1’s
Graad 2’s
Graad 3’s
Graad 4’s
Gr 5’s en Gr 6’e
Graad 7’s
Alle Grade
Voorstelle wat om te bring
Enige nie-bederfbare produk
Ontbytpap: Enige mieliemeel, Oats of graankosse
Long Life Melk en/of Tee
Suiker en/of Koffie
Rys, Pasta, Soppoeiers
Blikkieskos, alle groente en vleis en koekmeel
Toiletbenodigdhede: Seep, tandepasta, sjampoe,
toiletpapier
Finansiële bydrae
Uitgawe:
No: 4/2015
Datum:
Donderdag 5 Februarie 2015
PROGRAM VAN DIE WEEK
Donderdag
5 Februarie
Vrydag
6 Februarie
Maandag
9 Februarie
Dinsdag
10 Februarie
Woensdag
11 Februarie
Donderdag
12 Februarie
Vrydag
13 Februarie
Saterdag
14 Februarie
Atletiek by H/S Eldoraigne
Snr en Jnr Koor oefen
Swem: Friendly Friday Relay
Voortrekkers: Span Kenmekaar: 17:00 – 18:15
Ouer Jaarvergadering: 18:00 – 19:30
Tennisligas
Valentynsverkope
Ainos oudisies (Gr 4 – 7): 15:00 – 16:00
Valentynsverkope
Tennis: GN Geslote Toernooi
Toastmasters
Valentynsverkope
Ainos oudisies (Gr 4 – 7): 15:00 – 16:00
Bulletjie Rugby: Ouerinligting en Spanindeling: Gr R tot Gr
2 – Op Pawiljoen: 17:30 – 18:00
Rugby: Ouervergadering in saal: 18:30
Tennis: GN Geslote Toernooi
Valentynsverkope
Tennis: GN Geslote Toernooi
Atletiek: Cluster by H/S Zwartkop
Voortrekkers: Penkop en Drawwertjie Kamp
BLOUGOLFDAG
Maanlig Liefieloop pretloop en pretdag
Swem: Friendly Friday Relay
Tennis: GN Geslote Toernooi
Perdry: Misty Meadows
Rugbyproewe: 8:00 – 14:00
Gelukwensing:
Verjaarsdae:
Donderdag 5 Februarie –
Maandag 9 Februarie –
Sondag 14 Februarie –
Mev Karin Lourens
Mev Liezel van Zyl
Mev Linda Schroeder en
Mev Dinah-Anne Claassen
2
Uit die Kantoor
van die beste skool in die Wêreld
Ek hoor so in die wandelgange by sommige ouers dat hulle reken die nuwe Beheerliggaam vir
die volgende termyn van 3 jaar is klaar gekies. Blykbaar dink sommige mense dat daar ‘n
klein groepie vooraf-geïdentifiseerde mense is wat ons baie graag op die Beheerliggaam wil
hê. Daar word skynbaar lekker bespiegel dat daar hard gekoukus word om die “regte”mense
op die Beheerliggaam te kry.
My maggies….Niks is verder van die waarheid af nie! Nie ek, of enige personeellid van hierdie
skool, (en ek glo ook geen ouer-) wil mense op die BHL hê wat nie om die regte redes daar is
nie. ‘n Beheerliggaamlid moet diens lewer – dis al. Hy moet werk – die heeltyd – sonder enige
vergoeding of selfs erkenning van watter aard ookal. Hy moet ook baie goed besef dat ‘n
profeet nie in sy eie land geëer word nie.
Hy moet weet dat hy die hele tyd aan openbare oordeel en vooroordeel uitgelewer is. Hy moet
weet dat daar altyd mense sal wees wat snedige opmerkings oor hom sal maak – mense wat
nie van beter weet nie, of dalk net plein afgunstig is. Hy moet weet dat sy kind ook eendag in
Graad 7 op die Blougolfraad wil wees, maar dat Pa of Ma se betrokkenheid by die skool, wat
deur vele mense heeltemal misinterpreteer word, dalk teen hulle kan tel. Hy moet weet dat
elke prestasie van sy kind deur sommige mense geringgeskat sal word, omdat hulle dink sy
kind kry spesiale voorkeur.
Dit vul my juis met verwondering dat kinders wie se ouers ‘n spesifieke profiel handhaaf by die
skool, wel presteer soos hulle presteer. Ek sê dit baie: TEN SPYTE VAN hulle ouers, doen
hierdie kinders baie goed op soveel terreine.
Ek het ‘n broertjie dood aan mense wat so maklik oordeel en veroordeel – sonder om enigsins
die feite te ken. Ek skaam my om met diesulkes geassosieer te word. Dit was van die begin af
vir my opvallend dat daar by Hennopspark ‘n groot klomp lekker vet snobs rondloop. Dit was
nogal ‘n skok vir my, want my eie kinders was hier op skool toe ek nog by die hoërskool
gewerk het, en ek het nooit so iets agtergekom nie. Dis vir my duidelik dat hier sommige
(gelukkig by verre in die minderheid-) mense is wat dink hulle is beter as ander; dis ongelukkig
so dat hier mense is wat hulle die heeltyd besig hou met skinderpraatjies oor ander; dis
teleurstellend dat daar mense hier rondloop met hoogheilige uitdrukkings op hul gesigte,
maar oënskynlik die hele tyd dolke in ander se rûe druk.
Dis ontstellend en vernederend vir my om sommige What’sApp-groepies se kommunikasie
met mekaar te lees. Kan mense se wêreldjies regtig so klein wees dat hulle dag met sulke
belaglike beuselagtighede gevul kan wees? Is dit moontlik dat mense wat veronderstel is om
van beter te weet steeds so agterbaks is? Ek kan verstaan as laerskooldogtertjies hulle aan
sulke lafhartige gedrag skuldig maak, maar sjoe! Grootmense?
Die res van ons – gelukkig by verre die meerderheid – moet ons nie steur aan stoeppraatjies
of chatgroepies wat nonsens praat nie. Bespiegelings soos ek genoem het, is slegs dit –
bespiegelings en fabriserings. Hanteer asseblief sulke praatjies met die minagting wat dit
verdien.
‘n Hennopsparker tree altyd met integriteit en waardigheid op – personeel, leerlinge, en ouers.
(Vervolg op Bl 3)
7
TERREINDIENS:
Personeel aan diens:
Datum
Blackwood
Mopaniestraat
9 - 13 Februarie
Rohann Stroh
Annelize Reynders
SKOLIERPATROLLIE AAN DIENS
Datum
9 - 13 Feb
Blackwood
Gabi Geyser
Nicole Maree
Helgard du Toit
Jacobus Botha
Gr 6N
Gr 6K
Gr 6P
Gr 6K
Mopaniestraat
Mariné du Plessis
Jeanrie Grobler
Justin Esterhuizen
Ruandi v d Berg
Gr 6H
Gr 6H
Gr 6H
Gr 6H
Sportbeleid
Die Sportbeleid vir 2015 lê ter insae by mev Alta Coetzee in die Hoof se
ontvangsarea vir die tydperk 26 Januarie tot 24 Februarie. Skriftelike
kommentaar kan in die tydperk gestuur word aan
[email protected]
Pieter van Sittert
Tel: 083 4494176
[email protected]
---o0o--VERVOER NA MIDSTREAM
Geagte ouers
Indien u sou belangstel in ‘n
pendeldiens tussen Hennopspark en
Midstream, moet u asb mnr Malan
kontak voor Woensdag 11
Februarie. ‘n Vergadering sal met
belangstellende ouers gehou word.
6
Vanaf die Beheerliggaam
Hoe belangrik gaan Maart 2015 vir die kinders van Hennops wees?
Het u darem al begin dink aan die verkiesing van die Beheerliggaam? Dit is
om die draai.
Ons skryf bietjie meer wat word verwag van ‘n lid van die Beheerliggaam.
Volgens Wet is die Beheerliggaam verantwoordelik vir die daarstelling en
onderhoud van ‘n skool se beleide. ‘n Beleid soos bv. ‘n taal of
toelatingsbeleid, verskaf dan vir die skoolpersoneel ‘n raamwerk waarbinne
hulle, hulle verantwoordelikhede kan uitoefen.
Die Beerliggaam moet verseker dat al die beleide soos deur wetgewing
verwag opgestel is, of word. Hulle moet dan ook verseker dat by die
vasstelling of verandering van ‘n beleid, die regte prosesse, soos in die wet
vervat, gevolg word. En laastens moet hulle verseker die beleide word
toegepas.
Dit gebeur soms dat die skool se beleide, of die toepassing daarvan beproef
word. In sulke gevalle is dit dan die Beheerliggaam se taak om te verseker
dat die skool se belange voldoende beskerm word. U kan gaan kyk na
Laerskool Rivonia, en Hoërskool Fochville saak en selfs die OGOD saak wat
huidiglik die beginsels rondom Christenskole in die Hooggeregshof beproef.
So sluit die beskerming van belange dan ook bv die verantwoordelikheid in
om te sorg, saam met die skool se personeel, dat daar ‘n goedgekeurde
begroting is, en dat die skoolfonds elke jaar vasgestel word. Nie ‘n maklike
taak nie, maar wel uiters noodsaaklik. Saam met dit gaan die besluite van
investering, met ander woorde waar die ingevorderde fondse aangewend
gaan word. Meer klaskamers, badkamers, sportvelde, personeel? Om sulke
besluite te kan neem, is ‘n visie nodig, ‘n strategie, aksieplanne en daarom
speel die Beheerraad ook hier saam met die skoolpersoneel ‘n belangrike
rol.
Oorhoofs noem ons net dat hulle betrokke is by die aanstelling van
personeel in sleutelposisies. Nogal ‘n proses om aan gewoond te raak. En
dan die betrokkenheid by die skool se subkomitees, besighede,
fondsinsamelings en dies meer.
Opsommend word daar baie mag aan die Beheerliggaam gegee, mag wat tot
u as ouer se voordeel of nadeel aangewend kan word. Die beste manier om
te verseker daar is meer voordeel as nadeel, is om betrokke te wees. Ons
hoop dus ons sien u by die verkiesing.
Volgende keer praat ons oor die karaktereienskappe.
3
Uit die hoof se kantoor vervolg (Van Bl 2)
‘n Hennopsparker behandel ander mense met respek te alle tye. ‘n Hennopsparker streef wel na
sukses en uitnemendheid, ja, maar nooit ten koste van hul eie integriteit nie. Nooit, ooit ten koste van
sportmanskap nie. Ons probeer ons kinders leer om met grasie te wen, en met waardigheid te verloor –
op die sportveld, -op die verhoog, -in die klaskamer, -wanneer die leiers aangekondig word, en in die
alledaagse lewe. Want wen én verloor is realiteite van die lewe.
Ons soek mense op die Beheerliggaam met integriteit. Ons benodig mense daar wat omgee vir kinders
– alle kinders – en altyd net die beste soek vir die kinders van ons skool. Ons wil graag ouers op die
BHL hê wat ons kan help om na die “next level” op akademiese-, sport- en kultuurgebied te beweeg.
Ons soek mense wat kinders van die Here is, en so optree. Ons soek mense wat diensbaar is; -wat
alles feil het vir die kinders van hierdie skool.
Die taak van die Beheerliggaam is nie om van Hennopspark die beste skool te probeer maak nie – ons
is reeds daar, dink ek. Hulle taak is om ons almal by hierdie skool – onderwysers, ouers en kinders –
nederig te hou, -die finansies tot voordeel van almal te kontroleer, -deur die daarstel van beleide te sorg
dat elke kind regverdig behandel word in elke situasie, en so op te tree dat elke kind elke dag met ‘n
glimlag hier opdaag.
Want al wat die Beheerliggaam van Laerskool Hennopspark moet doen, is om in diens van elke kind,
net die beste vir hulle te soek.
Ons soek mense soos die ses ouers wat nou aan die einde van hul termyn gekom het.
Ondersteun ons asseblief in hierdie proses. Nomineer iemand wat die werk kan doen. Stel uself
asseblief beskikbaar as kandidaat as u waarde wil toevoeg. Wanneer die stemdag aanbreek,
kom in u hordes om u kruisie te trek (ons het ‘n kworum nodig vir die verkiesing om geldig te
wees, en benodig 530 stemme daarvoor). Kom stem asseblief. Vir ons kinders.
Dankie.
---o0o---
Erekleure
Baie geluk, Erekleure is aan die volgende leerders toegeken:
Hokkie:
Swem:
Stoei:
Skaak:
Landloop:
Redenaars:
Akademie:
Krieket:
Kelly Muller
Gustav Bond
Ruben van Wyk
Jessica Kodde
Nelia Hurter
Lindy Maree
Minette Fourie
Franco Bester
Armandt Grundlingh
Helgard du Toit
Wian van Jaarsveld
Ontvang in 2016: Marno Pienaar en
Junior Koor:
Mieke Boshoff
Danika Boshoff
Hayden Pieters
Taryn Mosdell
Klarike v d Zel
Anton Schutte
Brendin Louw
Mia van Heerden
Nicci Boshoff
Esti Botha
Arno Meyer
Dewald Brevis
Adrian Joubert
Wouter du Toit
Altus du Plessis
Gerhard Engelbrecht
Julianne Olivier
Lamari Wagenaar
Kayla Joubert
Carme Wepener
Mechaela Pankurst
Reagan Smith
Heinrich Smuts
Dillon Smith
Nico Booyens
Jacques du Plooy
Marco Welgemoed